NHS

Suksesverhale

Drome wat waar word

Ons is trots op al die studente wat saam met die NHS hul drome najaag. Ons beloon ook elke jaar die toppresteerders vir hul harde werk met merietetoekennings. Hier is hul stories.

2026

Prestige-wenners

2026

Luna Celliers

Prestigetoekenning

Luna Celliers

het in 2025 ’n BA-graad in geesteswetenskappe met lof aan die Universiteit Stellenbosch verwerf. Haar spesialiteitsvelde was geskiedenis en sosiologie. Sy het in 2026 begin met ’n honneurs in geskiedenis, waarin sy vaardighede ontwikkel in omgewing- en bewaringsgeskiedenis, met die oog op werk in omgewingsbeleid of verdere navorsing.

✏️

2026

Nicole Brits

Prestigetoekenning

Nicole Brits

het ’n BSc-graad in menslike fisiologie, genetika en sielkunde aan die Universiteit van Pretoria verwerf, asook ’n BSc Honneurs-graad in menslike genetika met lof aan die Universiteit van die Witwatersrand. Sy is besig met ’n nagraadse diploma in publieke gesondheid – “’n veld waarin ek ’n besondere belangstelling het en wat ek graag met my bestaande kennis wil integreer, terwyl ek daarna streef om uiteindelik 'n dokter te word."

✏️

Merietewenners

2025

Merietewenners

2024

Merietewenners