
My studie-loopbaan het in 2023 begin en tot nou toe het ek dit reggekry om my punte bo die gemiddeld te hou. Ek het geleer om onder druk te werk, aan te hou presteer en om professioneel te wees.
Ek het ’n groot belangstelling in kinders en hul ontwikkeling van kleuters tot volwasse mense. Hul groei en ontwikkeling is vir my fantasties om te beleef en ek is bly dat ek eendag as onderwyseres deel kan wees van die proses.
Ek stel ook belang in hekel en lees, twee stokperdjies wat my universiteitslewe prettig en vreugdevol maak. Ek het selfs ’n hekelgroep begin in Potchefstroom. Dit is nou ’n plek waar studente saamkom en mekaar motiveer om deur hul stres te werk in ’n gesellige omgewing.
Ek sal graag in die toekoms in die buiteland gaan skoolhou. Ek mik daarna om aan te hou studeer hopelik ’n doktorsgraad in sielkunde te verwerf.
Mense was nog altyd my sterk punt en ek hoop my studies laat toe dat ek kan aanhou om met hulle te werk. Die lening by die NHS maak dit vir my moontlik om die wêreld aan te vat.