Raak betrokke
Help ons om te help
Elke skenking aan die NHS help nog ’n student om sy of haar drome na te jaag. Sluit aan by die Helpmekaar-tradisie van saamdra en saamwerk.
Ons beginsel
Die Noordelike Helpmekaarstudiefonds (NHS) staan op die eenvoudige, maar kragtige beginsel van ons help jou nou sodat jy ander later kan help. Studente kry ’n studielening en begin dit ná voltooiing van hul studies terugbetaal, sodat ’n volgende geslag weer dieselfde geleentheid kan kry.
— Johan de Wet, Voorsitter van die NHS
’n Skenking aan die fonds help om nog ’n studielening toe te staan. So bly die Helpmekaar-gedagte voortleef — geld wat gegee word, word ’n hupstoot vir die volgende jong mens op pad na ’n graad.
Skenk
Hoe om te skenk
Ons deel graag ons bankbesonderhede vir ’n skenking. Skakel die kantoor of stuur ’n boodskap, en ons stuur dit dadelik vir jou aan.
’n Vraag oor groter skenkings of bemakings?
Ons help jou graag. Kontak die kantoor en ons gesels oor hoe jy ’n blywende verskil kan maak.
Kontak ons