
Wat ons bied
Lening en voorwaardes
’n NHS-studielening is ontwerp om die finansiële las van jou tersiêre studie te verlig - met billike voorwaardes, gunstige rentekoerse en ’n terugbetalingstermyn wat by jou toekoms pas.
Die voorwaardes
Agt dinge om te weet
Alles wat ’n student behoort te weet voordat hy aansoek doen — duidelik en sonder verrassings.
- 01
Tot R80 000 per jaar beskikbaar vir klasgeld, koshuis en handboeke.
- 02
Rentekoers: prima minus 3% gedurende studiejare; prima daarna.
- 03
Terugbetaling: twee jaar terugbetaling per studiejaar.
- 04
Meriete-toekennings beskikbaar vir uitstaande akademiese prestasie.
- 05
50/50-uitbetaling teen akademiese vordering — eerste helfte aan die begin, tweede helfte ná goeie uitslae.
- 06
Debietorder-vereiste vir terugbetalingsekerheid.
- 07
Groepversekering op die lening word vereis.
- 08
Slaag van die jaar is ’n voorwaarde vir voortsetting van die lening.
Geniet jou studies!
Studeer met gemoedsrus
Jou studietyd is ’n waardevolle hoofstuk in jou lewe. By NHS glo ons in jou potensiaal en wil ons hê dat jy met gemoedsrus kan studeer, wetende dat die finansiële kant versorg word. Geniet elke oomblik — leer hard, droom groot, en bou die toekoms wat jy verdien.