
Ek het in 2024 aan die Universiteit Stellenbosch B.Rek begin studeer.
Ek het fantastiese, lojale vriende ontmoet en saam inspireer ons mekaar om aan aktiwiteite deel te neem soos om die Argus te ry, berg te klim en saam te toer.
Ek geniet my studies en is elke dag dankbaar vir die voorreg wat ek deur NHS se hulp het om hier te studeer.
Om ‘n balans in te handhaaf, is baie belangrik. Ek is elke dag dankbaar teenoor die Here vir hierdie voorreg om te studeer en dit ook te geniet.
Baie danke NHS vir die ekstra merietetoekenning. Dit sal beslis ‘n paar gaatjies toestop!
◆
←Terug na Suksesverhale