NHS
Terug na Suksesverhale

Merietetoekenning

Jacques de Beer

Jacques de Beer

Ek is 29 jaar oud en is besig met my vierde jaar van ‘n onderwysgraad by die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa).

Ek hou tans skool by die Hoërskool Roodepoort en gee tegnologie vir leerlinge in gr. 8 en 9 en ingenieursgrafike en ontwerp (IGO) vir gr. 11- en 12-leerlinge. Ek het in 2024 die hele groep matrieks gehad vir IGO en het ‘n 100% slaagsyfer behaal. Dit was die eerste keer in 12 jaar dat dit gebeur het. Ek is ook die vakhoof vir IGO by die skool en moderator vir ons distrik.

Ek het my passie vir onderwys ontdek deur gebed, heel eerste, en deur my vrou se invloed.

Ek het ‘n liefde vir teken en droom om eendag my eie huis te ontwerp. Ek het later in my lewe begin studeer omdat dit finansieel nie moontlik was direk na skool nie. Ek sal die tweede persoon in my familie wees wat ‘n graad verwerf.

Ek het gehoor van die NHS deur my vrou wat ook met die hulp van die fonds die geleentheid gehad het om ‘n kwalifikasie in filmproduksie te verwerf.

Ek is elke dag dankbaar dat ek die geleentheid het om te studeer en onderwys te gee. Die NHS-lening gee my rustigheid oor my studies en my toekoms.

Terug na Suksesverhale