NHS
Terug na Suksesverhale

Merietetoekenning

Mia Janse van Rensburg

Mia Janse van Rensburg

Ek is tans ’n finalejaar- mediese student aan die Universiteit van Pretoria, en my reis tot hier was gevul met baie harde werk, groei en ongelooflike geleenthede. Elke fase van my studie het my passie vir medies net verder verdiep. Nou, met die einde in sig, is ek opgewonde oor die toekoms.

Van kleins af het ek geweet ek wil ’n verskil maak in mense se lewens. Medies het my altyd gefassineer, en toe ek uiteindelik aan 'n mediese skool aanvaar is, het dit gevoel asof ek aan die begin van iets besonders staan.

Tydens my studies het ek ’n diep belangstelling in oftalmologie ontwikkel. Die kompleksiteit en fyn detail van die oog, asook die enorme impak wat sigherstel op iemand se lewe het, het my onmiddellik getrek.

Die NHS se ondersteuning het nie net die finansiële druk verlig nie, maar dit het ook vir my die geleentheid gegee om voluit op my studies te fokus en my drome na te jaag.

Vandag kyk ek met dankbaarheid terug. Ek is dankbaar vir elke geleentheid, elke mentor, en veral vir NHS, wat in my potensiaal geglo het toe ek dit die nodigste gehad het.

My reis is nog nie verby nie, maar ek is opgewonde oor wat voorlê.

Terug na Suksesverhale