NHS
Terug na Suksesverhale

Merietetoekenning

Emre Holz-Leite

Emre Holz-Leite

Ek glo God is in beheer van elke deel van my lewe en ek sien Sy hand waar ek ook al kyk. In die afgelope vier jaar van my studies, het Hy my geleer om alles saam met Hom aan te pak. Elke dag te sien as ’n nuwe geleentheid om Hom beter te leer ken.

God het my ook gewys hoe om my studies te voltooi sonder dat dit my lewe oorheers het of al is waaraan ek dink. Hy het my net laat besef dat daar niks is wat ek uit my eie uit en sonder Hom kan doen nie, nie eens om te eer vir ’n toets nie.

Ek wil graag die NHS bedank vir die finansiële ondersteuning wat my tot nou in staat gestel het om te studeer. Dit is ’n voorreg om te kan studeer en sonder instansies soos hierdie sal dit vir menige jong mens nie moontlik wees nie.

Terug na Suksesverhale