NHS
Terug na Suksesverhale

Merietetoekenning

Kayla Fergunson

Kayla Fergunson

Ek is ‘n bevoorregte tweedejaarstudent wat met die hulp van NHS studeer en geniet my studies voluit. Met die hulp van lektore, wat ons heelhartig ondersteun, is my akademiese reis ‘n plesier.

My droom is nie net om onderwyseres te wees nie, maar om my honneursgraad in opvoedkundige sielkunde te verwerf. Ek sal graag wil spesialiseer in die rigting van hulp vir kinders met spesiale behoeftes, leerprobleme asook fisiek gestremde kinders.

My passie lê in my behoefte om ‘n daadwerklike verskil te maak in kinders se lewe en om sodoende vir hulle ‘n toekoms te verseker.

Ek geniet my studentelewe terdeë en is aktief betrokke by my koshuis, Huis Dahlia, waar ek dien in die sosiale, opedag- en gemeenskapskomitees. Die gemeenskapskomitee lê my veral na aan die hart omdat ons uitreike doen in die gemeenskap, wat skole en ouetehuise insluit.

Ek is baie dankbaar vir die finansiële bystand van die NHS, asook vir dié erkenning van my prestasies, wat my aanmoedig om elke dag my bes te doen.

Terug na Suksesverhale