NHS
Terug na Suksesverhale

Merietetoekenning

Abri Nieuwoudt

Abri Nieuwoudt

Ek studeer aan die Noordwes-Universiteit en is in die derde jaar van my B.Ed-graad in onderwys vir die senior sekondêre fase en FET met fisiese wetenskap en ingenieursgrafika en ontwerp as my vakke van spesialisasie.

Ek is ook ‘n lid van die huiskomitee van die manskoshuis Laureus met die portefeuljes: Prak-JOOL en SJGD.

Ek het ‘n baie groot passie vir onderwys en ek geniet die beroep waarvoor ek my tans voorberei. Ek wil eendag ‘n goeie onderwyser by ‘n skool wees, wat die taak van opvoeding en onderrig elke dag na die beste van my vermoë aanpak.

Ek wil graag die NHS bedank vir die ongelooflike ondersteuning tydens my studies. Sonder hul finansiële hulp sou ek nie die geleentheid gehad het om my akademiese doelwitte te bereik nie. Baie dankie NHS!

Terug na Suksesverhale