NHS
Terug na Suksesverhale

Merietetoekenning

Johane Botha

Johane Botha

Omdat ek grootgeword het met drie broers, is dit geen verrassing dat ek my pad in die sportwêreld gevind het nie. Ek het my voorgraadse studies, BSc Sportwetenskap, in 2021 voltooi.

Ná my voorgraadse studie wat deur die NHS-fonds befonds is, het ek begin werk. Maar ek het altyd geweet dat ek iets in die mediese veld wou doen. Ek wil help en 'n fisieke verskil maak.

In 2023 het ek die graad BSc Biokinetika verwerf en werk vanjaar as 'n biokinetikus-Intern by 'n rehabilitasiesentrum in die Kaap, waar ons mense behandel deur oefening. Met ‘n eerste graad en ‘n honneursgraad agter my naam, kan mense dalk dink ek is nou volleerd, maar dit is nie die geval nie. Ek leer steeds elke dag en word gereeld geïnspireer deur my kliënte en medewerkers. Ek is baie gelukkig in die veld en dink dit is waar ek hoort.

Met 'n groot gesin soos myne leer 'n mens baie oor omgee en diensbaarheid. Ek is dankbaar vir hoe my ouers ons grootgemaak het, dié waardes vorm 'n deel van my identiteit.

My sukses is te danke aan my familie wat my fisiek en emosioneel ondersteun het deur die vier jaar van harde werk, en aan die NHS wat my finansieel ondersteun het.

Terug na Suksesverhale