NHS
Terug na Suksesverhale

Merietetoekenning

Alisha Cillié

Alisha Cillié

Ek studeer aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus. Ek is besig met BEd in grondslagfase-onderwys. Een van my grootste belangstellings is om my klein onderneming, Bambi’s Treats, wat ek in my eerste jaar in die koshuis begin het, te laat groei.

Ek het verlede jaar met baie harde werk en lang ure my tweede jaar afgesluit met ses onderskeidings. Al raak die werk en druk elke jaar meer, sou ek dit nie sonder God, die ondersteuning van my ouers en geliefdes en die NHS kon doen nie.

Baie dankie vir die geleentheid wat julle vir my gee om my droom te kan uitleef as ‘n toekomstige onderwyser. Julle maak 'n groot verskil in my lewe.

Terug na Suksesverhale