NHS
Terug na Suksesverhale

Merietetoekenning

Amore van de Weide

Amore van de Weide

Ek het in 2024 my B Com-graad in menslike hulpbronbestuur aan die Universiteit van Pretoria verwerf. Dié drie jaar was seker die beste paar jare van my lewe. Ek het so baie gegroei en ‘n nuwe waardering vir die lewe en menswees gekry.

Ek het my passie vir tale en “puzzles” ontdek en leer myself nog ken op alle fronte. Ek het vriendskappe gesmee wat ek weet 'n leeftyd sal hou. Ek het ook 'n paar lewenslesse geleer, maar nou weet ek om niks as vanselfsprekend te aanvaar nie.

My graad het my voorberei en my in staat gestel om in 2025 ‘n werk te kry as menslike hulpbron-assistent, waar ek elke dag iets nuuts oor my loopbaan leer, mense ontmoet en nuwe verhoudings bou.

Soos ek die nuwe hoofstuk van my lewe betree, kyk ek terug na die afgelope drie jaar met aan die Here en ook die NHS, wat alles wat ek nou het, moontlik gemaak het. Die pad wat ons saam gestap het, het my gehelp op my lang pad vorentoe.

Terug na Suksesverhale