NHS
Terug na Suksesverhale

Merietetoekenning

Adrienne Combrink

Adrienne Combrink

Ek studeer vir die graad MBChB aan die asemrowende Universiteit van Kaapstad. Van ek kan onthou, wou ek ‘n dokter word en het daarvan gedroom om my graad aan dié universiteit te verwerf.

Elke dag hier is onvoorspelbaar en uniek, maar dit is die lekker deel van medies. Dissipline, deursettingsvermoë, my sosiale lewe, my kerk en my geloof speel alles 'n rol in my lewe as ‘n student in die Kaap.

Ek is passievol daaroor om mense te help en hulle gelukkig te sien. Dié studierigting bied aan my die geleentheid om elke dag hierdie passie uit te leef.

Natuurlik moet 'n mens afleiding hê, en die afgelope jaar het hardloop ‘n baie groot deel van my gesondheid en sosiale lewe geword.

Ek stel in verskeie dissiplines in die mediese veld belang, onder meer ortopedie, oftalmologie, en plastiese chirurgie. Ek het nog baie om te leer in die volgende drie jaar, en ek is vreeslik opgewonde oor die kliniese jare wat in my vierde jaar begin.

Ek is dankbaar vir die ondersteuning van die NHS en die geleentheid wat hulle my en soveel ander studente bied om ons drome na te streef.

Terug na Suksesverhale