
Ek het ‘n groot probleem: Ek is dol op, eintlik verby-gek oor motorvoertuie, enjins, onderstelle en alles wat daarmee gepaard gaan. Vra my enigiets oor enige voertuig en ek antwoord jou sommer dadelik!
As jong seun was daar net een ding waaroor ek my onophoudelik bekommer het: “Hoe gaan ek eendag my werk kombineer met my passie?”
Die soektog het begin, en ná vele dinkskrums was ek steeds raadop. Dit is waar die NHS in die prentjie gekom het. Die NHS het moontlik gemaak om my by Sol-Tech as auto-elektrisiën te bekwaam.
Ná ‘n suksesvolle teoretiese fase, sien ek uit na die res van my kursus en kan ek nie wag vir al die interessante uitdagings wat vir my voorlê eendag as auto-elektrisën nie.
Dit is alles te danke aan die NHS. Ek hoop en glo dat ander jong mense, nes ek, 'n geleentheid sal kry in die lewe soos wat aan my gegee is deur die NHS!