
Ek het In 2022 my akademiese reis aan die Universiteit van Pretoria begin, en uiteindelik 'n graad in onderwys met spesialisering in die senior fase en verdere onderwys en opleiding (FET) verwerf.
My beroepskeuse is gewortel in ’n opregte liefde vir kinders en hul ontwikkeling en streef daarna om ’n opvoeder te wees wat nie net akademiese inhoud oordra nie, maar kinders ook doelgerig kan ondersteun op hul pad van groei.
Ek wil in 2026 verder studeer aan ’n honneursprogram in opvoedkundige sielkunde, met die visie om my kennis en vaardighede te verdiep in leerondersteuning, gedragsontwikkeling en leerhindernisse.
Ek stel egter ook belang in bedryfsielkunde, omdat ek gefassineer is deur menslike gedrag in professionele en organisatoriese konteks. Ek oorweeg dit om my loopbaanrigting later uit te brei na die veld om my begrip van menslike potensiaal in verskeie omgewings te verbreed.
Ek is dankbaar vir die ondersteuning van die NHSt, wie se bydrae dit moontlik gemaak het vir my om my drome na te jaag en nuwe drome te ontdek. Dit het ’n groot impak op my lewe, en ek is vasbeslote om op soortgelyke wyse in die toekoms terug te gee aan ander.