NHS
Terug na Suksesverhale

Merietetoekenning

Diané van der Westhuizen

Diané van der Westhuizen

Ek wou nog altyd ’n haarkapper word en dié studiegeleentheid bied my die kans om my vaardighede te ontwikkel en te groei in ’n beroep waarvoor ek werklik lief is.

Danksy die ondersteuning van die NHS het ek nie net toegang tot my studies gekry nie, maar ek kon ook die nodige toerusting aanskaf. Dit het ’n groot finansiële las van my familie se skouers afgehaal en vir ons almal gemoedsrus gebring.

Studielenings en beurse in hierdie rigting is baie skaars, en sonder hierdie geleentheid sou dié studie vir my byna onmoontlik gewees het. Die lening het my ook die geleentheid gegee om opleiding van ’n hoë gehalte te kry by ’n privaat instelling, iets wat andersins buite my bereik sou wees.

Ek glo dat God my werklik geseën het met hierdie geleentheid, en dit motiveer my om hard te werk en die beste daarvan te maak. My doel is om my studies suksesvol te voltooi en uiteindelik ’n loopbaan in die bedryf te bou waar ek ander mense kan help om selfversekerd en mooi te voel.

Ek is opreg dankbaar vir hierdie ondersteuning en die verskil wat dit in my lewe maak.

Terug na Suksesverhale