NHS
Terug na Suksesverhale

Merietetoekenning

Leihim Langenhoven

Leihim Langenhoven

Ek is 'n student aan die Noordwes-Universiteit, waar ek besig is met my BTh-graad in teologie met pastorale berading en sielkunde as hoofvakke.

Ek het op dié studierigting besluit omdat ek 'n roeping het om mense geestelik en emosioneel by te staan. Ek wil graag eendag 'n meestersgraad verwerf en dan my eie praktyk begin. Ek glo ware hulp en ondersteuning begin waar geloof, empatie en kennis bymekaar kom.

Ek is baie dankbaar vir die ondersteuning wat ek kry tydens my studies en werk hard om die beste van dié geleentheid te maak. My droom is om eendag te dien in 'n gemeenskap waar ek as pastorale berader mense kan help, ondersteun en genesing kan bewerkstellig deur ‘n geloofsbenadering.

Ek wil graag die NHS bedank vir die ongelooflike ondersteuning. Sonder hul finansiële hulp sou dit nie vir my moontlik gewees het om my akademiese en geestelike doelwitte na te jaag nie. Baie dankie, NHS!

Terug na Suksesverhale