
Ek is 20 jaar oud en as dit kom by die rigting wat ek studeer, haal ek graag vir Bella Thorne aan: “What makes me happy is sitting down and creating art. Whether it’s me writing a series, or me directing something.”
Ek is eksentriek en is gek daaroor om my hare verskillende kleure te kleur, my naels mooi te maak en my gesig vol grimering te plak – elke dag is daar iets nuut!
Ek stel baie belang in dans en het twee keer die SA titel gewen in gimnastiek, en was die beste danser in my modernedans-klas, met ʼn 94,5% sertifikaat.
Ek is ʼn soettand, so bak is beslis in my top 5-lys van belangstellings.
Om met my hande te kan werk is nog altyd ʼn talent waarmee ek kan spog en ek het al ‘n klomp projekte ontwerp uit boksmateriaal. Ek hou daarvan om te skets en is gek daaroor om voor mense op te tree. In 2022 het ek in ʼn Izak Davel-kortfilm gespeel .