NHS
Terug na Suksesverhale

Merietetoekenning

Anekah Botha

Anekah Botha

Tydens my studies het ek betrokke geraak by projekte wat fokus op gemeenskapsbetrokkenheid in die ontwerpproses, sosiale behuising en die rol van argitekte as sosiale agente. En nou fokus ek in my nagraadse studie op die rol van argitekte in sosiale ontwikkeling, met ’n spesifieke fokus op ontwerp in openbare belang.

Deur my studie is my benadering tot die argitektuurbedryf gevorm en dit motiveer my om die temas verder te ondersoek – ook ná my studies.

Ek wil graag van aanstaande jaar af weer heeltyds die beroepswêreld betree en hoop om deur my werk ‘n betekenisvolle verskil te kan maak in kwesbare gemeenskappe oor Suid-Afrika heen.

Ek is ewig dankbaar vir die geleentheid wat die NHS my bied om my akademiese doelwitte na te streef en uiteindelik my roeping uit te leef.

Terug na Suksesverhale