NHS
Terug na Suksesverhale

Merietetoekenning

Mariska O’Connor

Mariska O’Connor

Ek het dié rigting gekies omdat daar ‘n groot aanvraag is vir sportbestuurders oor die land heen en ek sal in verskeie hoedanighede kan werk.

Sover terug as wat ek kan onthou, het ek in sport belang gestel en tans speel ek netbal vir die Universiteit van Johannesburg. Ek is ‘n baie avontuurlustige mens en geniet dit ook om te jag en vis te vang. Die buitelewe is net die beste vir my.

In die toekoms wil ek graag professioneel netbal speel en self op dié vlak afrig en die bemarking doen. Ek het reeds ondervinding in netbalafrigting en sien baie daarna uit om ná my studies my passie uit te leef.

Ek wil die NHS bedank vir die finansiële steun. Daarsonder sou ek nie my studie kon aanpak of uitsien na ’n toekoms waarin ek my passie kan uitleef nie.

Terug na Suksesverhale