NHS
Terug na Suksesverhale

Merietetoekenning

Dominique Kaasjager

Dominique Kaasjager

Ek studeer in die rekeningkunde (Bachelor of Accounting), maar voor dit het ek altyd myself in die ingenieursveld gesien.

Die lewe het egter ‘n ander doel vir my gehad en die loopbaan wat ek nou volg, is uitdagend. Veral omdat ek nooit gedink het ek sou ‘n finansiële rigting volg nie. Tóg het die lang nagte van studeer alles die moeite werd gemaak.

Tussen al die harde werk deur, geniet ek dit om tyd saam met my familie en vriende deur te bring; en ook om in my vrye tyd te reis om nuwe restaurante, resepte, en smake te ervaar.

Alhoewel die jaar uitdagend was, het ek elke oomblik daarvan geniet. Wat my sukses aangehelp het, was om elke dag te begin sonder die vrees om iets nuuts te leer. Ek beplan om ‘n CA(SA) te word en ek wil spesialiseer in forensiese ouditkunde.

Ek is ongelooflike dankbaar vir die geleentheid wat NHS my gegee het met dié studielening. Ek weet ek kan my drome bereik en beloftes vervul met hul deurlopende ondersteuning.

Ek glo enigiets is moontlik as jy ‘n bietjie verbeelding gebruik. Wees dus net jou beste weergawe.

Terug na Suksesverhale