
Ek is besig met my vyfde jaar medies aan die Universiteit van Pretoria. 2024 was beslis die veeleisendste studiejaar wat ek al ervaar het, maar as ek terugdink, is ek vreeslik trots op alles wat ek bereik het - selfs al het dit soms onmoontlik gevoel.
Met my studies wat einde se kant toe staan, is my grootste belangstelling tans oftalmologie (oogspesialis). Vir nou fokus ek egter om deur te druk met die laaste jaar en ‘n half van my studies.
Ek is vreeslik opgewonde dat ek al hoe nader aan my doelwit kom om ‘n dokter te wees. Met die hulp van die NHS word my droom bewaarheid.
◆
←Terug na Suksesverhale