
Ek is by Sol-tech se Monumentpark-kampus besig met my beroepsertifikaat – elektries en my droom is om ná dié sertifikaat te spesialiseer in PLC-beheerstelsels.
Ek geniet dit baie om hier te kan studeer, omdat Sol-tech een van die bestes vir dié soort opleiding in die land is. Die kursus is interessant, en ek leer elke dag iets nuuts.
Ek geniet veral ingenieurswetenskap en wiskunde, en die uitdagings wat dit bring, verg harde werk en toewyding.
Ek het n passie vir rekenaars en die tegnologie wat daarmee gepaard gaan. Ek glo dit sal tot my voordeel wees in die elektriese bedryf.
Met my kwalifikasie wil ek baie graag 'n bydrae lewer tot die groei van die ekonomie in Suid Afrika en eendag my eie onderneming bedryf, en werk verskaf aan ander.
Ná 'n lang dag van hard werk, ontspan ek graag met 'n paar rekenaarspeletjies of ‘n lekker boek.
Danksy die NHS se finansiële hulp, kan ek meer fokus op my studie en kry ek die kans my passie uit te leef. Baie dankie daarvoor.