
Ek is besig met my derde jaar in verpleegkunde aan die Noordwes- Universiteit se Potchefstroom-kampus. Van kleins af het ek geweet ek wil eendag ‘n suster wees, wat almal se stukkende plekkies heelmaak. Min weet die meeste van ons wat die toekoms vir ons inhou, maar danksy baie genade en die hulp van die NHS is ek ‘n klein treetjie nader aan my droom.
Verpleging is ‘n beroep waarvan min mense regtig baie weet. Dit is wydlopend met baie opwindende en soms hartseer verhale.
Nie net doen ek oneindig baie kennis in die klas op nie, maar by elke pasiënt met wie ek te doen kry, leer ek nog meer, want elkeen het ‘n eie lewensverhaal. Soos elke ander beroep, het verpleging ook sy uitdagings, maar om elke dag in die beroep te lewe en te groei, is 'n ware voorreg.
Danksy die NHS kan ek my kleintyd-droom bewaarheid en op my unieke manier weer my deel aan die gemeenskap teruggee. Baie dankie vir daardie voorreg.