NHS
Terug na Suksesverhale

Merietetoekenning

Dieter Frey

Dieter Frey

Ek is in die tweede jaar van my MTh aan die Vrystaatse Universiteit. Sonder die hulp en bystand wat die NHS gebied het, sou ek nie my B.Div suksesvol kon voltooi nie. Dit het gelei tot my verdere studie.

Ek streef steeds daarna om my kwalifikasie klaar te maak en dit dan toe te pas in die gebroke wêreld waarin ons daagliks leef.

Tans bevind ek myself in die finansiële sektor waarin ek graag verder wil studeer in ‘n poging om my roeping op sowel die teologiese as finansiële gebied suksesvol te intergreer. Die NHS het ‘n werklike verskil in my lewe gemaak deur al die moontlikhede oop te sluit.

Terug na Suksesverhale