NHS
Terug na Suksesverhale

Merietetoekenning

Anriette Kruger

Anriette Kruger

Die NHS het dit vir my moontlik gemaak om my studiedrome te realiseer. Ek het in 2021 by Akademia begin studeer vir 'n B Com-graad in ondernemingsbestuur en het in 2024 my studies suksesvol voltooi.

Ek wil graag in ‘n korporatiewe werksomgewing wees en het reeds goeie geleenthede gekry waar werknemers my graad raakgesien het. Ek het ook 'n groot passie vir kinders en het in my tweede jaar besef ek sal ook graag ‘n onderwyskwalifikasie wil verwerf.

Ek bestee graag soveel as moontlik tyd saam met familie en vriende.

Dit is te danke aan die NHS dat ek met trots kan sê ek het in 2025 my graad ontvang en ek kan nie meer opgewonde en trots wees nie. As dit nie vir die NHS-studielening was nie, sou ek nie dié doelwit in my lewe bereik het nie. Ek het ‘n geleentheid gekry, wat nie baie mense beskore is nie, en daarvoor sal ek altyd dankbaar wees.

Terug na Suksesverhale