NHS
Terug na Suksesverhale

Merietetoekenning

Andree Malan

Andree Malan

Ek is besig met my BSc-honneus in eiendomstudies aan die Universiteit van die Witwatersrand nadat ek in 2025 my BSc-graad ook verwerf het.

My tyd by Wits was en is gevul met uitdagings en oorwinnings. Om aan te pas by 'n nuwe akademiese kultuur en in Engels te studeer, was aanvanklik intimiderend, maar die struikelblokke het my veerkragtigheid en aanpasbaarheid geleer. Ek het vinnig betekenisvolle vriendskappe gesmee en my passie vir eiendomme ontdek, veral die finansiële aspekte daarvan. Die afgelope drie jaar het my deursettingsvermoë en innerlike krag getoets, en ek is trots om sterker en meer vasberade aan die ander kant uit te kom.

Ek is dankbaar vir die liefde en ondersteuning van my vriende en familie, wat my deur elke stap van die reis bystaan, asook my medestudente en klasmaats vir hul kameraadskap, samewerking en vriendskap.

Ek wil ook graag die NHS bedank. Jul finansiële ondersteuning het 'n sleutelrol gespeel in my akademiese reis en my gehelp om my drome te verwesenlik. Ek is innig dankbaar vir die vertroue wat hulle in my potensiaal gestel het.

Met die oog op die toekoms, streef ek daarna om in die dinamiese wêreld van eiendomsbeleggings, risikobestuur en waardasies te werk, verkieslik by 'n finansiële instelling. Ek is gretig om te groei en aan te pas in die steeds ontwikkelende eiendomsbedryf, terwyl ek betekenisvolle verhoudings bou met enersdenkende professionele mense.

Terug na Suksesverhale