NHS
Terug na Suksesverhale

Merietetoekenning

Danielle Combrink

Danielle Combrink

Ek is in die eerste jaar van my MHSc-graad (chiroprakties) aan die Universiteit van Johannesburg. Om vir ‘n chiropraktisyn te studeer, doen jy eers ’n BHSc (chiropracties)-graad van vier jaar lank daarna gaan jy aan met MHSc (chiropracties) vir twee jaar. In ons MHSc begin ons met ons proefskrif asook ’n internskap van twee jaar by die UJ Chiropractic Clinic, wat oop is vir die publiek.

Ek het baie respek vir die graad waarvoor ek studeer. Daar gaan nie ’n oomblik verby dat ek nie verryk word met kennis van die menslike welstand, anatomie, bewysgebaseerde-praktyk en sowel kreatiewe as uitdagende denke nie. Wat ons beroep onderskei van ander gesondheidsorgberoepe, is dat ons fokus op die “hoekom” agter ’n probleem. Ons kyk nie net na die probleem nie, maar gaan na die oorsaak, behandel die hele ketting en poog om verdere voorkoms daarvan voorkom.

Ek dien as die voorsitter van die Chiropractic Association of Gauteng vir 2024/2025. Dit bied vir my wonderlike geleenthede om ‘n opwindende studentelewe vir ander te skep, asook om ‘n variasie van gemeenskaps- en welsynsuitreike te reël.

Ek is opreg dankbaar vir die ondersteuning van die NHS, wat my nie net help om my studies te voltooi nie, maar my ook die kans gee om ’n verskil te maak onder my medestudente. As ‘n kind uit ’n enkelouer- huishouding weet ek wat dit beteken om hard te werk, en dié hulp verlig ’n groot las.

Terug na Suksesverhale