NHS
Terug na Suksesverhale

Merietetoekenning

Lanika Leuvennink

Lanika Leuvennink

Ek is ’n plaasmeisie van Mpumalanga en geniet my studies terdeë. Ek besef elke dag dat dit slegs deur die Here Jesus se genade is dat ek hierdie geleentheid ontvang het. Ek is opreg dankbaar dat ek in ’n posisie is waar ek kan leer om ander mense te help en ’n verskil te maak.

Ek het tydens my studies waardevolle praktiese ondervinding opgedoen in hospitale, waar ek blootstelling aan verskeie mediese spesialiteitsvelde verkry het. Tydens hierdie ervaring het ek ’n besondere belangstelling in narkose en trauma ontwikkel, en ek beoog om in die toekoms in een van dié rigtings te spesialiseer.

My pad tot hier was nie altyd maklik nie. Daar was verskeie uitdagings en struikelblokke, maar elkeen het my geleer om vas te byt en sterker aan die ander kant uit te kom.

Ek het ’n groot liefde vir die buitelewe en geniet aktiwiteite soos perdry, bergklim, draf, gholf en hengel.

My wortels lê diep, en ek sal altyd ’n eenvoudige plaasmeisie in my hart bly. In die toekoms hoop ek om my liefde vir die plaaslewe en my mediese roeping te kombineer, al is die presiese pad nog nie heeltemal duidelik nie.

Ek is opreg dankbaar teenoor die NHS vir die hulp om hierdie geleentheid vir my moontlik te maak.

Ek streef daarna om my roeping met toewyding en deernis uit te leef, en om deur my werk ’n blywende verskil in ander se lewens te maak.

Terug na Suksesverhale