
Ek het in 2022 begin met my Bachelor of Social Science-graad by Varsity College in Pretoria met sielkunde en kriminologie as hoofvakke. Ek is tans in my derde jaar en met die genade van God is ek weer in die bevoorregte posisie om in my graadgroep die merietebord te behaal.
Mense is my passie en ek wil altyd verstaan waarom hulle soms “anders” optree. Ek is met die hulp van die NHS in staat om my studies voort te sit.
Omdat ek ‘n ekstrovert is, gee mense vir my energie en daarom is familie vir my geweldig belangrik. Ek geniet familiekuiers en kuiers saam met vriende en mis dit nie graag nie.
Ek wil graag die NHS bedank vir die voorreg om met my studies te kan voortgaan en dat hulle soveel ander studente bemagtig om ook hul drome te kan verwesenlik.