
Ek studeer B Rek aan die Noordwes-niversiteit en is in my derde jaar.
Ek is in Kasteel-dameskoshuis, waar ek ook in die huiskomitee dien. Ek geniet my studies verskriklik baie, want dit is ‘n baie uitdagende graad en ek is mal oor uitdagings. Die studies het my geleer dat 'n mens tot soveel meer in staat is as wat jy gedink het, en terselfdetyd hou dit jou ook nederig.
Ek glo dit is baie belangrik om ‘n gebalanseerde lewe te lei en tussen die studies deur tyd te maak vir dit waarvoor jy lief is. In my vrye tyd geniet ek dit dus om te draf en tyd saam met my familie en vriende deur te bring.
Ek is baie dankbaar teenoor die NHS wat dit vir my moontlik maak om te kan studeer en om sodoende my volle potensiaal te bereik. Ek is baie opgewonde om te sien wat die toekoms vir my inhou en gaan hopelik my honneurs hierna doen.