
My reis het begin met ’n graad in meganiese ingenieurswese aan Universiteit van Pretoria, waar ek gesondheidsuitdagings en die impak van Covid-19 moes oorkom.
Met ongelooflike ondersteuning van my familie en vriende het ek deurgedruk en my meestersgraad in biomediese Ingenieurswese aan die Universiteit van Stellenbosch voltooi. My tesis het gefokus op die gebruik van elektroniese neuse om respiratoriese siektes soos tuberkulose te diagnoseer – ’n relevante kwessie in Suid-Afrika.
Dit was moeilik om heeltydse werk en studies te balanseer, maar dit het my veerkragtigheid geleer en my goed voorberei vir die werk wat ek vandag doen. Die afgelope anderhalf jaar werk ek by Craniotech, waar ek fokus op die ontwikkeling van pasiënt-spesifieke implantate.
Dit is vir my ’n voorreg om deel te wees van innovasies wat lewens verbeter. Ek is dankbaar vir die geleentheid wat NHS my gebied het en vir almal wat my op hierdie pad ondersteun en geïnspireer het.