NHS
Terug na Suksesverhale

Merietetoekenning

Dane Heyneke

Dane Heyneke

Ek het my onderwysgraad aan die Universiteit van Pretoria verwerf en in 2025 begin skoolhou aan die Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria, waar ek Afrikaans vir leerlinge in gr. 8 en gr. 11 aangebied het.

Van die tweede kwartaal af het ek by die Hoër Volkskool in Heidelberg aangesluit, waar ek ‘n permanente onderwyspos beklee. Ek is ook die Afrikaans-koördineerder vir gr. 8.

Ek het ’n passie vir kinders en vir die skoolomgewing, en my doel as opvoeder is om elke leerling te help om sy/ haar volle potensiaal te bereik. Hoewel ek tans nie verder studeer nie, oorweeg ek dit sterk om in die toekoms my honneursgraad te voltooi.

Ek is opreg dankbaar vir die NHS, wat my in my studiejare ondersteun het, en beskou hierdie merietetoekenning as ’n besondere eer en erkenning van my akademiese prestasies.

Buiten my onderrigverpligtinge is ek aktief betrokke by die skool se kultuur- en sportprogram, en dien as afrigter van ‘n netbal- en debatspan. In my vrye tyd draf ek graag en neem deel aan verskeie wedlope, wat my help om aktief en geestelik gebalanseerd te bly.

Terug na Suksesverhale