
My passie vir onderwys het ontwikkel uit my liefde om met kinders te werk en ’n groot droom om ‘n positiewe verskil in hul lewens te maak. Ek geniet dit om leer interessant en betekenisvol te maak en ek glo dat elke kind die potensiaal het om te groei en met die regte ondersteuning suksesvol te wees.
As student is ek gefokus op harde werk, deursettingsvermoë en goeie tydbestuur, en ek streef daarna om altyd my beste te lewer, selfs wanneer dinge uitdagend raak. My akademiese prestasie in 2025 motiveer my om aan te hou groei en ontwikkel.
Ek stel ook belang in sport, oefen en die natuur. Dié belangstellings help my om gebalanseerd te bly en bou ook vaardighede wat ek in die klaskamer kan gebruik.
Ek sal graag eendag ’n inspirerende onderwyser wil wees, wat nie net kennis oordra nie, maar kinders motiveer om in hulself te glo. Ek wil ’n positiewe impak maak op die gebied van onderwys en bydra tot die ontwikkeling van jong mense in Suid-Afrika.
Ek is baie dankbaar vir die ondersteuning van die NHS, wat my help om my drome te verwesenlik. Die merietetoekenning beteken baie vir my en motiveer my om aan te hou hard te werk.