
Ek het in 2023 my graad in industriële ontwerp met ‘n onderskeiding aan die Universiteit van Johannesburg verwerf, en is tans besig met my honneursgraad in dieselfde veld (ook by UJ). In my honneursjaar lê my belangstelling by praktiese oplossings vir alledaagse probleme wat op ‘n kreatiewe manier toegepas word. My honneurstesis fokus op die ontwerp en vervaardiging van ‘n hand-aangedrewe masjien wat gebruik kan word om afvalglas in kleiner stukke op te breek as die eerste stap in die glasherwinningsproses. Verder het ek ook ‘n pos gekry as industriële ontwerper by ‘n plastiekverpakkingsmaatskapy waar ek verantwoordelik is vir die ontwerp van verskeie plastiekverpakkingsprodukte.
My belangstelling lê steeds in rekenaargesteunde ontwerp, 3D-modellering, en om praktiese en haalbare ontwerpoplossings te skep. Deur my graadstudies het ek 'n skerp aandag aan detail geslyp, omvattende kennis van vervaardigingstegnieke opgedoen en 'n kreatiewe ingsteldheid van probleemoplossing gekweek. As uitvloeisel van my studies kon ek ook eerstehandse ervaring opdoen deur verskeie bedryfsgebaseerde werksondervindingsgeleenthede. In 2023 was ek n finalis in die 2023 RedTurn studente-ontwerpkompetisie.
Baie dankie aan die NHS wat al my sukses tot dusver moontlik gemaak het. Ek is opreg dankbaar vir die geleentheid ek gekry het.