NHS
Terug na Suksesverhale

Merietetoekenning

Marlien Smalberger

Marlien Smalberger

Ek is ‘n trotse student aan die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom. Ek het eers 'n BSoc-graad met sielkunde met sosiale wetenskappe verwerf en toe die geleentheid gekry om verder te studeer. En ek is nou besig met my BWS, ‘n graad in maatskaplike werk.

As student het ek al die geleentheid gekry om deel te wees van die NWU Koor, ek het gedien in verskeie sub-komitees, asook die huiskomitee van Dinki Daghuis. Ek is ook ‘n lid van die Koshuiskomitee van die universiteit.

Ek is so dankbaar dat ek as maatskaplike werker die geleentheid sal kry om mense te kan help wat hulself nie altyd kan help nie. Dit is ‘n beroep waar my harde werk iemand anders se lewe kan verander, en ek streef daarna om eendag op 'n plek te kan wees en werk waar ek ‘n tasbare verskil kan maak.

Ek wil graag die NHS bedank vir die finansiële ondersteuning wat my in staat stel om my droom na te jaag. Sonder hul hulp sou ek nooit die geleentheid gehad het om my ware roeping na te streef nie. Duisend dankies, NHS!

Terug na Suksesverhale