
Ná vier lang jare van uithou, aanhou, en moedhou, is daar lig aan die einde van die tonnel! Ek kan beslis sê dat medies akademies en emosioneel uiters uitdagend is.
Van vreugde en hoogtepunte tot baie hartseer en neerdrukkende situasies. Dit kleur jou dae in as mediese student. Dr. Joan Louwrens skryf in haar boek, A Wilder Life : ”For all my far-flung patients — always my best teachers.” En ek kan getuig hiervan!
Tussen die werk en studeer deur, is dit vir my baie belangrik om by die mense naaste aan my uit te kom en tyd te maak om saam met hulle te kuier. Ek laat ook nie sommer ‘n vakansie verbygaan sonder om seker te maak ek het een of ander staproete in die berge gedoen nie. Dis die klein dingetjies in die lewe wat regtig saakmaak vir my!
Ek is so dankbaar vir die NHS wat my tot nou toe gehelp het om my droom te kan najaag. Sonder die ondersteuning sou ek nie hierdie uitdagende vyf jaar agter die rug kon kry nie! Ek is baie dankbaar vir die geleenteid, en om met n glimlag op my gesig te kan sê ek is oor ‘n paar maande ‘n dokter!