
Ek studeer BCom (Bestuurswetenskappe) met 'n fokus op kommunikasiebestuur aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus. My tuiste is die dorpskoshuis Dinki, waar ek aktief deelneem aan koshuisaktiwiteite wat my persoonlike groei bevorder.
Ná my voorgraadse studies is my doel om 'n honneurs in bemarking te doen, omdat dit 'n baie belangrike deel uit van my loopbaanbeplanning uitmaak.
Ek wil graag die NHS opreg bedank vir die ondersteuning wat hulle aan my bied. Sonder die finansiële ondersteuning sou ek nie my akademiese doelwitte en langtermynplanne kan bereik nie. Dankie daarvoor!
◆
←Terug na Suksesverhale