NHS
Terug na Suksesverhale

Merietetoekenning

Izelle Ellis

Izelle Ellis

Ek is 23 jaar oud en besig met my finale jaar B Com Regte LLB-graad aan die Universiteit van Pretoria.

Ek voel bevoorreg om die merietetoekenning te ontvang op grond van my uitslae in my vierde jaar (2024).

Die NHS het absoluut as ‘n antwoord op ons gebede gekom en God het dit deur die fondse vir my moontlik gemaak om te begin werk aan my droom om ‘n prokureur te word.

Hierdie merietetoekenning verteenwoordig vir my die vrug van die harde werk wat ek ingesit om die meeste te maak van die geleentheid om te kan studeer. Dit is ongelooflik dat die NHS dit nie net moontlik maak vir jong mense om hul drome en volle potensiaal uit te leef nie, maar ons bonop aanspoor om ons beste resultate te lewer.

Ek is ewig dankbaar vir die geleentheid om die pad vir die laaste vier jaar met NHS te kon stap en ek sien daarna uit om in my finale jaar my absolute beste te geek. Hierdie merietetoekenning spoor my net verder aan om aan te hou om hard te werk tot die einde.

Terug na Suksesverhale