NHS
Terug na Suksesverhale

Merietetoekenning

Bea-Mari Kerkhoff

Bea-Mari Kerkhoff

My ambisie is om as geoktrooieerde rekenmeester te kwalifiseer. Ek glo ’n loopbaan in dié rigting sal my belangstelling in syfers en in die kommersiële wêreld nie net aanmoedig nie, maar ook bevredig. Dit bied ’n wye verskeidenheid van geleenthede in verskillende nywerhede, plaaslik en internasionaal.

Die studierigting vereis ’n skerp fokus, dissipline en deursettingsvermoë, waarvan ek gelukkig hope van het. Die pad vorentoe gaan nog baie insette vereis, maar ek vertrou die gawes wat ek gekry het, sal my suksesvol maak hiermee.

Ek glo ook daarin om ’n gebalanseerde lewe te leef en saam met my studies geniet ek dit ook om te lees, bergfiets te ry, te draf en gimnasium toe te gaan. Ek is baie dankbaar vir die ondersteuning en aanmoediging van my vriende en gesin in die proses.

Terug na Suksesverhale