
Ek is 21 jaar oud en studeer LLB aan die Universiteit van Pretoria.
Ek het van jongs af geleer om alles wat ek aanpak, na die beste van my vermoë te doen. Wat ek begin, moet ek klaarmaak - van klavier, ritmiese gimnastiek, redenaars, drama, koor, revue, crossfit, noem maar op. Dit het my geleer om tyd goed te bestuur.
Mense het altyd vir my gesê ek is “boekslim”, maar op universiteit het ek geleer om my kennis prakties toe te pas.
Ek het gou geleer my kursus is nie kinderspeletjies nie, maar ek skrik nie vir harde werk nie. In my derde jaar moes ek ook vining leer om my pligte as lid van die beheerliggaam van ‘n Daghuis saam met sport en akademie te hanteer. Daar was uitdagings, maar uiteindelik het dit van my ‘n sterker en selfstandiger jong vrou gemaak en ek is trots op die persoon wat ek nou is.
Ek wil nou my klerkskap by ‘n regsfirma voltooi en in dié twee jaar hoop ek om my prokureurstoelatingseksamen met onderskeiding te slaag. In die toekoms, as dit die Here se wil is, sal ek graag 'n advokaat word. My doelwit is om 'n verskil in mense se lewens te maak deur my vaardighede as prokureur.
Die NHS het dit vir my moontlik gemaak om in die rigting te studeer. Hulle help nie nom my studies te finansier nie, maar beloon my ook met ‘n merietetoekenning vir goeie akademiese prestasie.