
My lewensdrome het amptelik begin op my sesde verjaardag, toe my ma vir my ‘n Hotwheel F14 Tomcat – ’n Amerikaanse vegvliegtuig – gekoop het.
Toe ek dit sien, het ek geweet dat ek eendag by die Amerikaanse lugmag wil werk. Om my drome na te jaag, het ek in my matriekjaar in 2024 by die Universiteit van die Witwatersrand aansoek gedoen om in te skryf vir ‘n B.Sc-graad in Aeronautical Engineering. Ek is tans besig met my tweede jaar en geniet elke oomblik.
Die finansiële hulp wat ek ontvang van die NHS speel ’n groot rol in hierdie reis van my drome en ek sal altyd dankbaar bly daarvoor.
◆
←Terug na Suksesverhale