NHS
Terug na Suksesverhale

Merietetoekenning

Niel Smit

Niel Smit

Ek studeer BCom Regte aan die Universiteit van Pretoria en het nog altyd daarna gestreef om akademiese uitnemendheid te behaal. In 2024 het ek een van my beste akademiese jare beleef,

Universiteit was beslis 'n groot aanpassing vir my, maar ek het baie hard werk. Dit het gelei tot hierdie spesiale erkenning van die NHS, waarvoor ek baie dankbaar is.

Buiten my studies, stel ek belang in tegnologie, regsnavorsing en algemene kennis en ek wil later in die jaar praktiese ervaring opdoen deur 'n internskap. Ek is ook ‘n lid van NG Universiteitsoord-gemeente se bedieningsraad en is voorsitter en sekretaris van Tuks se Ultimate Frisbee-span, die Tuks Thunderbirds.

My toekomsvisie is om nie net in my beroep uit te blink nie, maar ook om 'n positiewe bydrae tot my gemeenskap en die breër samelewing te lewer. Ek glo vas dat harde werk, voortdurende leer, en 'n passie vir dit wat ek doen, die sleutels tot volhoubare sukses is.

Ek is baie dankbaar teenoor die NHS vir hul ondersteuning, en ek sien daarna uit om voort te bou op hierdie basis van geleenthede en sukses.

Terug na Suksesverhale