
Van kleins af het ek daarvan gedroom om ’n geoktrooieerde rekenmeester te word, maar soos vir baie ander, het finansiële uitdagings my pad moeilik gemaak. Danksy die ondersteuning van die NHS, kon ek op my studies fokus sonder om konstant oor geld bekommerd te wees.
Ek is nou in my derde jaar en ek is trots op dit wat ek al bereik het. Dit was nie altyd maklik nie – daar was die laatnag-studiesessies, hoë verwagtinge en die druk om te slaag – maar ek was vasberade om my omstandighede te oorkom en dit het my aan die gang gehou. Dié kontantprys vir akademiese uitnemendheid is ’n bewys dat harde werk werklik vrugte afwerp.
Ek is opreg dankbaar vir die ondersteuning en geloof en vertroue wat die NHS in my gestel het. Ek het nie net finansiële hulp gekry nie, maar hulle het in my toekoms belê.
Aan enige student wat wonder of dit moontlik is, wil ek sê: Dit is. Hou aan glo, werk hard en moenie ophou droom nie.