NHS
Terug na Suksesverhale

Merietetoekenning

Tammy Scheepers

Tammy Scheepers

Ek is heeltyds 'n student aan AROS (Akademiese Reformatoriese Opleiding en Studies), waar ek grondslagfase-onderwys studeer. Dit was van kleins af my droom en onderwys was nog altyd my roeping. Dit is vir my meer as net ‘n beroep – dit is ‘n manier waarop ek daagliks ‘n verskil kan maak in kinders se lewens. Al raak dit soms moeilik in die onderwys, bly ek hoopvol en geanker in die wete dat ek deur God werk met Sy kosbare kinders.

Ek woon op ‘n plaas tussen die berge, waar ek die rustigheid van die natuur opnuut elke dag waardeer. Ek geniet dit om te gaan stap met my honde, en op warmer dae swem ek graag in die dam. My liefde vir lees is ‘n groot deel van wie ek is – boeke voed my gees en verbreed my perspektief, iets wat ek ook graag aan my toekomstige leerlinge wil oordra.

Ek is oneindig dankbaar vir die NHS. Sonder hul ondersteuning sou ek nie die voorreg hê om my studie heeltyds aan te pak nie. Danksy die NHS sien ek reeds hoe ek elke dag ‘n verskil kan maak – hoe kinders begin glo in hulself en groei tot die beste weergawe van wie hulle kan wees.

Die NHS se belegging in my toekoms is ook ‘n belegging in dié van elke kind wat ek eendag gaan onderrig.

Baie dankie vir hierdie ongelooflike geleentheid.

Terug na Suksesverhale