NHS
Terug na Suksesverhale

Merietetoekenning

Marnus Toerien

Marnus Toerien

Ek studeer medies aan die Universiteit van die Witwatersrand en het al 'n graad in biomediese wetenskap by dieselfde universiteit.

Ek het in 2022 aansoek gedoen vir die GEMP (Graduate Entry Medical Programme), ook by Wits, en is aanvaar om medies te studeer.

Dit het baie geverg om aanvaar te word, omdat duisende studente aansoek doen en net sowat 100 aanvaar word.

Medies was egter nog altyd my passie. Toe ek nie net ná skool aanvaar is nie, het ek besef my lewensreis om ‘n dokter te word, gaan nie maklik wees nie. Nietemin, ek het skouer aan die wiel gesit en nie my oë van die prys afgehaal nie. Dis hoekom dit my so baie vreugde gee om tans in hospitale te wees om te leer en interaksie met pasiënte te hê. Dit maak al die laat aande en gekneusde knieë die moeite werd.

Vanjaar is my laaste jaar van slegs teoretiese leer en ek begin volgende jaar om heeltyds in hospitale te werk en toe te pas wat ek geleer het die afgelope paar jaar.

Dit is opwindend en terselfdertyd intimiderend. Dus, is dit baie belangrik dat ek in my derde en tans my vierde jaar fokus op my akademie, sodat ek in die hospitale kan instap en nie vreesbevange is nie en ook om ‘n verskil te kan maak.

Die NHS help my juis omdat ek nie bekommerd hoef te wees oor befondsing vir my graad nie en sodoende kan konsertreer op my studies. Daarvoor sal ek hulle ewig dankbaar wees. Ek kon nie so ver gekom het sonder die NHS se finasiële ondersteuning nie.

Terug na Suksesverhale