NHS
Terug na Ons direksie

Direkteur

Willem Viviers

Willem Viviers

Willem Viviers is op 5 Oktober 1952 in Johannesburg gebore en woon sedert 1959 in Alberton, Gauteng. Hy het in 1970 aan die Hoërskool Alberton gematrikuleer en in 1978 sy B Proc-graad aan die destydse Potchefstroomse Universiteit verwerf.

Ná sy militêre opleiding in 1979 en 1980 het hy van 1981 tot 1983 sy opleiding as kandidaat-prokureur by die prokureursfirma Van Wyk De Vries, Malan en Steyn in Johannesburg ondergaan, en is in Maart 1983 deur die Gautengse hooggeregshof in Pretoria as praktiserende prokureur toegelaat.

Van Maart tot Junie 1983 het hy as litigasieprokureur by Van Wyk De Vries, Malan en Steyn gewerk waarna hy op 1 Julie 1983 as prokureursassistent by Klopper Jonker Ingelyf in Alberton aangestel is. Op 1 Mei 1984 is hy as direkteur en litigasieprokureur by die firma aangestel, ’n pos wat hy tot 28 Februarie 2023 beklee het.

Sedert 1 Maart 2023 tree hy steeds as praktiserende konsultant by Klopper Jonker Ingelyf op.

In sy loopbaan het hy hom toegespits op algemene litigasie, met besondere klem op die reg betreffende plaaslike bestuursaangeleenthede en kommersiële litigasie.

Terug na Ons direksie