
Ulrich Joubert, wat sedert 2004 in die direksie van die NHS dien, is ’n Kapenaar wie se loopbaan hom deur die staatsdiens, staatskorporasies en banksektor geneem het.
Hy was van 1989 tot Maart 2006 die groepekonoom van Transnet en is tans ’n onafhanklike ekonoom. Hy was voorsitter van die Johannesburgse Afrikaanse Sakekamer en die ekonomiese advieskomitee van die Afrikaanse Handelsinstituut (AHI) en is lid van die beoordelingspaneel van Sanlam se Finansiële Joernalis van die Jaar-wedstryd.
Hy lewer gereeld kommentaar oor aktuele sake vir die gedrukte media, radio en TV en is die enigste ekonoom wat die Ekonoom van die Jaar-wedstryd reeds ses keer gewen het.
◆
←Terug na Ons direksie