NHS
Terug na Ons direksie

Direkteur

Thérèse de Frey

Thérèse de Frey

Dr. Thérèse de Frey is ’n algemene praktisyn met kwalifikasies in tropiese medisyne, beroepsgesondheid en palliatiewe sorg.

Nadat sy by ’n sendinghospitaal in Malawi gewerk het, asook in Engeland, was sy ’n algemene praktisyn in Rooseveltpark, Johannesburg. Sy was die vrywillige dokter by MES se hospice vir haweloses in Hillbrow.

Sedert 2000 werk sy saam met haar eggenoot, Albie de Frey, in hul Travel Doctor-onderneming, waar hulle omvattende gesondheidsorg aan sake- en vakansie-reisigers verskaf.

Sy is tans die beroepsgeneeskundige vir Anglo American se korporatiewe kantoor in Rosebank en gee lesings in reisgeneeskunde vir die jaarlikse kursus wat deur die Universiteit van die Witwatersrand aangebied word.

Haar stokperdjies sluit in draf, naaldwerk, koorsang en klarinetspeel.

Terug na Ons direksie